Listing Details

WhatsApp Image 2021-01-05 at 21.17.18

Marli Barnes

Marli is nuut op die toneel en met haar enkelsnit, Just another Country song, gee sy nie net haar styl weg nie, maar oorrompel die countryliefhebber se ore dadelik. Met ‘n effense Amerikaanse aksent, maar tog nie geforseerd nie, gaan hierdie liedjie boer op radiostasies en dansvloere landwyd.

Dié gebore Potch-meisie woon deesdae in Pretoria waar sy haar musiekloopbaan voltyds bestuur. Op skool al het sy naam gemaak deur aan al wat ‘n kompetisie is deel te neem, in kore te sing en elke geleentheid met beide hande en boots aan te gryp vir wat voorlê.

Met ereklere vir drama en sang kon almal sien dat musiek in haar are vloei. In 2013 neem Marli deel aan die Kraal Kunstefees waar sy 5 A+ ontvang het en die legendariese, Manuel Escorcio aangebied het om haar mentor te wees – en steeds is.

Marli is ook nou betrokke by welsyn en was ambassadeur vir Feed a Child waar sy jong leerders inspireer om terug te gee aan die gemeenskap.

In 2018 het Marli haar eie musiekskool begin en spog met vele A+ studente wat sy oplei op die Italiaanse, Bel Canto sangstyl en help hulle ook met liedjies skryf.

Contact Information

Contact Listing Owner

0 Reviews

Gadgets from Mantality